Pumas-kaptein buite gevaar maar nog steeds in hoësorg

Die 1,96-meter lange reus is Woensdag uit die intensiewesorgeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas.

MBOMBELA – Die voormalige kaptein van die Steval Pumas, Eduan van der Walt, wat sedert Vrydag in Netcare Unitas Pretoria vir Guillain-Barré-sindroom behandel word, se toestand is stabiel, maar onveranderd.

Die 1,96-meter lange reus is Woensdag uit die intensiewesorgeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas. “Die neuroloog, dr. Naidoo is tevrede met sy toestand en het Donderdagoggend bevestig dat dit sedert Sondag nie agteruitgegaan het nie,” het die spandokter van die Pumas, dr. Kobus Hugo gesê. Naidoo het die speler ook 22 maande gelede behandel toe die slot in November 2012 vir dié sindroom behandel is.

Die 27-jarige Van der Walt het verlede Vrydag van erge spierswakheid begin kla en is na Unitas verwys waar hy opgeneem is.

“Ons wag nou vir die herstel van sy spierfunksies. Eddie se gesigspiere funksioneer weer feitelik normaal. Hy sukkel nog met sy hande en bene, maar hy is buite gevaar.”

Hugo het aan Laevelder genoem dat net tyd sal leer of Van der Walt ten volle gaan herstel, maar dat ‘n lang pad van herstel op dié Puma wag. Hy het in sy 100ste wedstryd vanjaar teen die Xerox Goue Leeus uitgedraf en het ‘n sleutelrol in sy span se Vodacombeker-oorwinning teenoor die DHL Westelike Provinsie gespeel.

Eduan van der Walt

Lees meer oor Eduan van der Walt hier:

GB-sindroom trek Pumas se slot wéér plat

Steval Pumas sterspeler het wel Guillian-Barré siekte

Pumasslot met malaria gediagnoseer

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button