Steval Puma met ernstige siekte toon verbetering

"Sy gesigspiere is nog effens swak, maar daar is beslis 'n groot verbetering."

MBOMBELA – “Sy gemoed is sterk en hy is vasbeslote dat hy weer ten volle gaan herstel.” Só het die spandokter van die Steval Pumas, dr. Kobus Hugo Donderdag aan Laevelder vertel oor die toestand van die slot, Eduan van der Walt.

Die 27-jarige wat sedert Vrydag 5 Junie in die Netcare Unitas Hospitaal in Pretoria is, kan binnekort van die hoësorgeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas word.

Eduan van der Walt
Eduan van der Walt net toe hy die Vrydagmiddag opgeneem is.

Hugo het verder gesê dat Van der Walt al 20 minute op sy eie kan regop sit en dat sy rompspiere daagliks sterker word. “Dit gaan regtig baie goed met Eddie. Hy kan al goed met sy hande optel en kan selfs sy linkerbeen buig. Sy gesigspiere is nog effens swak, maar daar is beslis ‘n groot verbetering.”

Die Puma is die middag opgeneem nadat hy van erge spierswakheid gekla het. Hy word weer vir die Guillain-Barré-sindroom behandel. Van der Walt is in November 2012 vir dieselfde rede in die hospitaal opgeneem.

Pumas-kaptein buite gevaar maar nog steeds in hoësorg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button