Groentjies sit hul beste voetjie voor

"Die gimnaste het goed vertoon en het die kompetisie ook baie geniet."

Die groentjies van die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het Vrydag aan die jaarlikse voorbereidingskompetisie vir vlak een tot drie deelgeneem.

“Die gimnaste het goed vertoon en het die kompetisie ook baie geniet. Daar is baie talent en ons as afrigters is baie trots op hulle. Baie geluk aan elke gimnas wat deelgeneem het,” het een van die afrigters, Maré Putter, gesê.

Nelspruit Gimnastiek

Elke atleet het ‘n medalje volgens hul gemiddeld om hul nekkies gehang en elkeen was ‘n wenner in eie reg. Daar is altyd nog kondisionering en afronding wat belangrik is vir hulle om hul potensiaal te verbeter. Gimnastiek verg baie uithouvermoë en harde werk. “Gimnaste wat hul prestasie wil verbeter sal nie ‘n oefensessie kan misloop nie,” het Putter beklemtoon.

Die ou en nuwe beoordelaars het hulle ook uitstekend van hul taak gekwyt en NGA sien uit na
die seisoen.

Die gimnaste oefen dié Julie-vakansie en dan is daar ‘n interklubkompetisie direk na die vakansie en twee Mpumalanga-proewe asook Noord-zone wat in die derde kwartaal plaasvind.

Nelspruit Gimnastiek

Die vlak vier tot sewe gimnaste het volgende week ‘n voorbereidingskompetisie. Die atlete se Suid-Afrikaanse kampioenskappe is in Oktober en sal ook gedurende die vakansie daarvoor voorberei.

Loer hier na die aksie: Groentjies berei voor vir die gimnastiekseisoen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button