Span sit skouer aan die wiel om topdiens te lewer
By Koenic Wheel Warehouse kan ’n mens net die beste diens te wagte wees, want by hierdie gedugte span staan die deur altyd wawyd oop vir kliënte.

Die eienaar en bestuurder, Riaan van der Sandt, is al amper 15 jaar in die motorbedryf en saam met hom het hy ‘n goed opgeleide en hardwerkende span wat altyd bystaan om te help. Koenic is geleë in die Ou Pretoriaweg en spesialiseer in bande, skokbrekers, wielsporing, remme, allooiwiele en uitlaatstelsels van voertuie.
Hulle het ‘n reuseverskeidenheid produkte en lewer altyd ‘n vriendlike diens. Hulle gaan uit hul pad om te verseker dat die kliënt met ‘n glimlag die besigheid verlaat en stel hul vertroue hoog op prys. By Koenic Wheel Warehouse kan jy groot handelsname koop soos Gabriel- en Monroe-skokbrekers, en bande van Dunlop, Pirelli, Goodyear, Kumho, Maxxis Yokohama en Cooper.
Dié onderneming spesialiseer in uitlaatstelsel en bou sisteme tot en met 76mm in deursnee. “Ons trots is in ons werk en kan omtrent vir enige ombouing ‘n uitlaatstelsel bou,” beloof hul en vertel trots dat kliënte hulle werk as van die beste in die Laeveld beskou.
Besigheidsure is Maandae tot Vrydae, 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00.
Hulle nooi almal hartlik uit om gerus by hulle ‘n draai te kom maak of om hulle te kontak by 013-752-3037/40 vir die beste moontlike prys en produkte.
Koenic Wheel Warehouse Nelspruit
Telefoon: 013-752-3040/37
Faks 013 752 3021
E-pos: xmilenst@mweb.co.za
Adres: Old Pretoria-weg 11, Nelspruit, 1200.
