Dis weer Cravenweek!
Die Laeveld speel sedert 1964 vir die eerste keer gasheer vir die o/13 Coca-Cola Cravenweek, wat volgende week in Witrivier afskop.

Die Laeveld speel sedert 1964 vir die eerste keer gasheer vir die o/13 Coca-Cola Cravenweek, wat volgende week in Witrivier afskop.
Sestien spanne van regoor Suid-Afrika sal van 29 Junie tot 3 Julie vir die gesogte titel op Hoërskool Rob Ferreira se velde meeding.
Dié jeugweek het sedertdien ‘n hele paar Springbokke soos Schalk Burger, John Smit, Percy Montgomery en Victor Matfield wat reeds in meer as 100 wedstryde vir die groen-en-goud uitgedraf het, opgelewer. Francois Pienaar, Joost van der Westhuizen, Bob Skinstad, Ashwin Willemse, Tendai “Beast” Mtawarira en Pat Lambie is ook spelers wat van kleins af hul provinsie verteenwoordig het.
Die Westelike Provinsie het in 2014 in die eindstryd Grens 29-14 uitgestof. Die WP het ook in 2013 die Cravenweektitel verower. Die Pumas het verlede jaar twee van hul vier wedstryde gewen. Hulle het onder andere Griekwas 17-5 en die Vrystaat 24-12 geklop. Hulle het met 50 punte teen die WP vasgeval.
Die Pumas skop Maandag om 14:30 hul Cravenweek-veldtog teen KwaZulu-Natal op die A-veld af.
Hier is die Pumasspan:
1. Gift Masina – Sehlulile
2. Giano dos Santos – Nelspruit
3. Siyanda Eba – Bergland

4. André Nitzsche – Witrivier

5. JW Maré – Marietjie van Niekerk
6. Lourens Potgieter – Bergland

7. Frik Lange – Taalfees
8. Hardus Rothman – JJ van der Merwe
9. Norman Simpson – Witrivier

10. Nico Liversage – Nelspruit

11. Sifiso Dlamini – Rietkuil
12. Alec Vermaak – Taalfees
13. Jacques Marais – Nelspruit
14. Ruben Barkhuizen – Goedehoop
15. Christiaan van der Merwe – Pionier
16. Blessing Mabaso – Sehlulile
17. Sipho Nzotho – Leandra
18. Tshepang Moloto – Middelburg
19. Siphelele Ndlela – Nelspruit Primary

20. Sakhile Mdhluli – Numbi
21. Sandiseni Mayisela – HM Swart
22. Blessing Mabunda – Nelspruit Primary.

Hoofwedstryde laerskole Cravenweek
• 2014 – Westelike Provinsie 29 Grens 14 (Durban)
• 2013 – Westelike Provinsie 11 Blou Bulle 10 (Bela-Bela)
• 2012 – Blou Bulle 19 Westelike Provinsie 18 (Bloemfontein)
• 2011 – Limpopo Blou Bulle 8 Westelike Provinsie 6 (Pretoria)
• 2010 – Goue Leeus 39 Griffons 0 (Graaff-Reinet)
• 2009 – Oostelike Provinsie 12 Westelike Provinsie 0 (Kimberley).
Die Pumas se uitslae in die afgelope ses jaar
2014 in Durban
• Pumas 20 Golden Lions 25
• Pumas 17 Griekwas 5
• Pumas 24 Vrystaat 12
• Pumas 0 Westelike Provinsie 50.
2013 in Bela-Bela
• Pumas 12 Grens 29
• Pumas 20 SWD 7
• Pumas 22 Grens-platteland 14
• Pumas 17 Namibië 0.
2012 in Bloemfontein
• Pumas 43 Zimbabwe 0
• Pumas 7 Namibië 10
• Pumas 7 Griffons 19
• Pumas 5 Westelike Provinsie 36.
2011 in Pretoria
• Pumas 18 Blou Bulle 5
• Pumas 13 KwaZulu-Natal 10
• Pumas 11 Luiperds 10
• Pumas 12 Grens 17.
2010 in Graaff-Reinet
• Pumas 12 Oostelike Provinsie 22
• Pumas 5 Valke 7
• Pumas 8 Blou Bulle 12
• Pumas 10 Boland 7.
2009 in Kimberley
• Pumas 17 Boland 12
• Pumas 17 Grens-platteland 10
• Pumas 8 Blou Bulle 14
• Pumas 14 Westelike Provinsie 15.
