Landy-groep pak Kaapsehoop-berge

Die beste viertrekvoertuig by verre, lui die slagspreuk. Land Rover-liefhebbers oor die Laeveld heen word genooi vir nog ‘n gesinsdag van uitry en samesyn met hulle legendariese pad- en veldvoertuie.

Op Sondag 9 Augustus kom die Laeveld se Land Rover-groep weer bymekaar vir ‘n kort oggendrit in die berge by Kaapsehoop, waarna almal gesellig gaan aansit by die Kaapse seekosrestaurant en strandkombuis, De Vette Mossel by Lakeview Lodge op die pad na Kaapsehoop.
Alle Land Rover-eienaars is welkom. Die roete maak voorsiening vir alle modelle.

Die groep vertrek reeds om 08:00 vanaf Sonpark in die rigting van Kaapsehoop. Pak ‘n koelboks met drankies by die ete. Daar is ‘n bietjie afslag beding vir die ete wat onder die gebruiklike R200 per person sal beloop.

Dié wat reeds by De Vette Mossel was, sal weet dis ‘n groot kuier en groot eet wat voorlê. Bespreek by Ria Bothma op 082-450-3466 of by khwildhorse@mweb.co.za teen Woensdag 5 Augustus. Vriende van die Laeveldse Land Rover-groep moet hulle verder ook gereed hou vir ‘n baie spesiale uitstappie op Saterdag 5 September. ‘n Roete oor verskeie private reservate deur die berge tussen Lows Creek en die Mara-omgewing word vroeër die dag vir ‘n veldfietsren oopgestel. Daar is gereël dat die hekke vir die Land Rover-groep ook oopgehou word om agterna te volg.

Navrae: editor@destinationsmp.co.za

Sluit ook aan by die Facebook-groep, Lowveld Land Rover Group om deurgaans op die hoogte van gebeure te bly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button