Kinderboekkompetisie
Boeke behoort n spesiale plekkie in elke kind se kamer te hê. Hier is jou kans om 'n paar titels by te voeg tot jou kleinding se versameling.

Wen ‘n paar oulike boeke vir jou kind. Vul eenvoudig die vorm hier onder in en staan ‘n kans om een van twee pragtige boekversamelings te wen.
Sorry. This form is no longer available.
Boekversameling 1 (1-5 jaar)
Prettige Plaas
Lammie die skapie is op pad skool toe en hy het jou hulp nodig! Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Liewe Heksie Leesboek 3 – Verna Vels
In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan ’n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!
Soek en kry in die donker – Boek 2
Met 14 tonele vol maltrap-avonture is daar hope pret om te hê. Knip die towerflits uit en gebruik dit soos ’n soeklig om tekyk wie en wat in die donker nagtonele onder die swart plastiekbladsye wegkruip. Jy sal jou oë nie glo nie! Hierdie is ’n soek-en-kry-boek soos nog nooit te vore nie.
Boekversameling 2 (6-13 jaar)
Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse – Jürgen Banscherus
’n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano.
Lotta se lewe 4: ‘n haas uit die hoed – Alice Pantermuller , Kobus Geldenhuys
Lotta kan nie skool toe gaan nie, want sy het waterpokkies. Dis baie vervelig so alleen by die huis. Maar dis ook g’n wonder nie – sy het mos geen stokperdjies nie. Al sê haar ma sy het een: fluitspeel. Gmf! Lotta en Chantelle dink saam ’n lang lys cool stokperdjies uit: valskermspring, duik saam met haaie, dinosourusse se geraamtes opgrawe, en nog baie meer. Maar hulle weet ongelukkig nie hoe doen ’n mens sulke goed nie. Maar dit maak nie saak nie, want hulle twee gaan nou beroemd word. Hulle gaan hoofrolle kry in ’n fliek met Zack Zeeman, een van die coooooolste filmsterre in die hele wêreld. (Dis in elk geval wat Chantelle dink!) Solank daardie simpel Berenice en haar maats net nie weer in hulle pad staan nie
Veearts-vriende 2: Tania en die perdry-kompetisie – Helen Brain
’n Pragtige perd, Oreo, is te koop en Tania het reeds haar hart op hom verloor. Maar die tyd is besig om uit te loop en dit lyk asof die neus-in-die- lug nuwe meisie, Shardonnay, ‘n aanbod op Oreo gaan maak nog voordat Tania genoeg geld kan bymekaarskraap. Haar ma kan haar nie help nie, want die laaste ding wat hulle nou kan bekostig is ’n perd. Intussen verdwyn die professor se onderbroeke nog steeds, Tiek en sy apie is weer met hulle ou streke besig en Tobias is dolverlief en desperaat om Shardonnay se aandag te trek. Sal Tania ooit vir Oreo in die gimkana kan ry?
Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek en die tydmasjien
In Jannus en Kriek en die tydmasjien het Oupa se vriend, Archimedes Snol, verdwyn. Hy antwoord nie meer sy e-pos nie en rekeninge hoop op by sy dakwoonstel bo die museum. Wanneer Oupa besluit om hom te gaan soek, gaan Jannus en Kriek saam. Maar Archimedes is ‘n tydreisiger, en hulle beland in die era toe Afrika nog deel was van Gondwanaland. Nou kan Jannus self uitvind of Gigantosaurus werklik groter was as Tyrannosaurus!
Reëls
• Sluitingsdatum: Vrydag 7 Augustus, 2015
• Die kompetisie is ‘n gelukkige trekking
• Die wenner is verantwoordelik om die prys by Laeveld Media kantoor, 12 Stinkhoutsingel, Nelspruit, af te haal
• As die prys nie binne ‘n maand na kennis afgehaal word nie word dit verbeur
• Wenner se foto en naam sal gepubliseer word
