Mini-krieketsterre boul en kolf verbete
Graad R-, 1- en 2-leerlinge van 12 skole het deelgeneem.
Groot opgewondheid het Saterdag op die rugbyvelde van Laerskool Lydenburg geheers toe die skool sy jaarlikse mini-krieketdag gehou het.
Graad R-, 1- en 2-leerlinge van 12 skole het deelgeneem.
Ouers en familie het bankvas agter elke spelertjie gestaan en onder luide toejuiging het hulle hul boul- en kolftalente ten toon gestel.
Volgens mnr. Franco Krause van die laerskool, word die dag jaarliks gehou om die leerlinge al vroeg-vroeg aan sport bekend te stel en hul belangstelling in krieket aan te wakker.
“Dit gaan nie oor wen nie, dit gaan daaroor dat die leerlinge dit geniet en pret het.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



