WEN – 300 Maklik Sigbare Voëls in Suider-Afrika
Hier is jou kans om hierdie pragtige volkleur voël gids ter waarde van R170 te wen. Vul net die eenvoudige vorm in en heg jou beste voël foto aan. So maklik soos dit.

Hierdie praktiese, eenvoudige gids tot die voëls in Suider-Afrika wat die meeste gesien word, is op beginners en selfs junior voëlkykers gemik. Dit is meer toeganklik as ‘n volwaardige veldgids, en baie nuttig met eenvoudige teks, duidelike illustrasies en foto’s van 300 van die streek se voëls wat die maklikste te siene is.
Die boek bied:
• Eenvoudige teks met onder meer ‘vind dit;’ ‘identifiseer dit’ en ‘verstaan dit’
• Illustrasies en foto’s in volkleur
• ‘n Verspreidingskaart
• Die gewone Afrikaanse naam, wetenskaplike naam en gewone name in Engels en ander Afrika-tale
• Gemiddelde grootte en besonderhede oor die nes
• Omraamde teks met bykomende inligting vir sommige voels.
Om die boek te wen hoef jy slegs die vorm hieronder in te vul, en jou beste voëlfoto aan te heg.
Die beste foto’s sal op Lowvelder.co.za verskyn.
Die kompetisie het gesluit.
Neem kennis:
• Die kompetisie is ‘n gelukkige trekking.
• Die wenner is verantwoordelik om die prys by die Laeveld Media-kantoor, Stinkhoutsingel 12 , Nelspruit, af te haal.
• As die prys nie binne ‘n maand na kennisgewing afgehaal word nie, word dit verbeur.
• Die wenner se foto en naam sal gepubliseer word.
