FeaturesInnibos FotoLifestyle

FOTO’s: Kurt & Karen rock Innibos

Laevelder het sopas Kurt en Karen se rock en pop duo gesien en dié is 'n vertoning wat jy nie mag misloop nie.

Kurt Darren en Karen Zoid klim saam op die verhoog as ou vriende en bewys dat pop en rock klanke goed kan vermeng om ‘n unieke musiekvertoning te vorm. Karen spot met tye met die ‘diepte’ in Kurt se lerieke maar as die twee hulle stemme saamgooi hou dit die gehoor behoorlik op hul tone.

As jy vinnig spring kan jy nog ‘n kaartjie vir Vrydag aand of Saterdag oggend se vertoonings in die hande kry. Die vertonings vind plaas by Nelspruit Hoërskool se Ouditorium en duur sowat 70 minute. Kaarjies kos R142.

Vertonings:

Vrydag, 1 Julie, 19:00

Saterdag, 2 Julie, 10:00

Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket takke. Die plaaslike takke sluit in, Ilanga Mall Computicket, Riverside Mall Computicket, enige Shoprite Checkers en Nelspruit House and Home.

Sien ook ‘n video van die twee saam:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button