Degasity diefstal
BURGERSFORT – Degasity, ‘n maatskappy wat gasbottels verkoop en hervul, was Sondagoggend byna weer die prooi van diefstal. Die sekuriteitsfirma, National Guarding, het omstreeks 08:50 ‘n sein van die alarm gekry. ‘n Werknemer, mnr. Drickus Crause, het dadelik die kameras in die beheerkamer gemonitor en daarop ‘n man gewaar wat besig was om die heining …
BURGERSFORT – Degasity, ‘n maatskappy wat gasbottels verkoop en hervul, was Sondagoggend byna weer die prooi van diefstal.
Die sekuriteitsfirma, National Guarding, het omstreeks 08:50 ‘n sein van die alarm gekry.
‘n Werknemer, mnr. Drickus Crause, het dadelik die kameras in die beheerkamer gemonitor en daarop ‘n man gewaar wat besig was om die heining om die besigheid te knip. Intussen is ‘n reaksie-eenheid na die perseel ontbied. “Iets moes die man afgeskrik het, want hy het die bosse ingehardloop.
Na ‘n rukkie het hy weer sy verskyning gemaak, die heining op ‘n ander plek geknip en met ‘n lang yster probeer om ‘n gasbottel deur die opening te kry. Hy kon net een bottel deur die gat kry en het daarmee weggehardloop. Mnr. Charles Botha van die reaksie-eenheid het hom oorrompel en gevang en hy is polisiestasie toe geneem.
Me. Monica Olivier, ‘n werknemer van Degasity vertel dat dieselfde dief al telkemale by die besigheid ingebreek het. “Ons het al soveel geld verloor weens vorige inbrake. Dankie aan National Guarding vir hul toewyding en moeite om uiteindelik die skobbejak vas te trek na maande se dophou en optrede,” sê Olivier.
