Karate byeenkoms Toyota
Die Triton Shotogun-karateklub het die afgelope Saterdag gasheer gespeel vir ‘n aantal karateklubs oor die land tydens ‘n vriendskaplike toernooi. Deelnemers van so ver as Rustenburg het dit bygewoon. Karateka met verskeie graderings was in aksie met die jongste deelnemer slegs vier jaar oud. Burgersfort Toyota het hul gebou vir die toernooi beskikbaar gestel. “Toernooie …
Die Triton Shotogun-karateklub het die afgelope Saterdag gasheer gespeel vir ‘n aantal karateklubs oor die land tydens ‘n vriendskaplike toernooi.
Deelnemers van so ver as Rustenburg het dit bygewoon. Karateka met verskeie graderings was in aksie met die jongste deelnemer slegs vier jaar oud.
Burgersfort Toyota het hul gebou vir die toernooi beskikbaar gestel.
“Toernooie vind gewoonlik Saterdae plaas en dit berei karateka voor vir gradering in kata en kumite (vegtegnieke) wat aan die einde van die jaar plaasvind,” het sensei Yolanda Hietbrink vertel. Sy het Burgersfort Toyota bedank vir die gebruik van hul perseel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
