Ratels kampioene
Die Ratel-rugbyspan van Ohrigstad het die naweek koning gekraai teen hul eweknieë van Ermelo in die finaal van die Mpumalanga-reserweliga en met die provinsiale beker weggestp. Die wedstryd het op Ermelo plaasgevind. Volgens afrigter, Quartes…. het beide spanne hul beste voetjie voorgesit. “Teen rustyd was die telling 17-3 in die Ratels se guns en moes …
Die Ratel-rugbyspan van Ohrigstad het die naweek koning gekraai teen hul eweknieë van Ermelo in die finaal van die Mpumalanga-reserweliga en met die provinsiale beker weggestp.
Die wedstryd het op Ermelo plaasgevind. Volgens afrigter, Quartes…. het beide spanne hul beste voetjie voorgesit. “Teen rustyd was die telling 17-3 in die Ratels se guns en moes albei spanne harde bene kou om in die spel te bly. Dit was ‘n groot wedstryd en daar was baie op die spel.”
Frans Breitenbach, Eben Blignaut, Willem de Jongh en Martin van den Berg het elk een keer agter die doellyn gaan kuier terwyl Panda Richards drie drieë gedruk het. Van den Berg het twee van daarvan verdoel.
Willem le Grange was die voorspeler van die wedstryd en Panda Richards die beste agterspeler,
Daar is sprake van ‘n sewesliga wat op die kalender mag wees, maar na ‘n lekker en harde seisoen is dit nou eers rus- en hersteltyd vir die spelers.
Die afrigters wil al hulle borge bedank vir hulle ondersteuning deur die jaar: Kobus Beetge, Kobus Carstens, Electro-diesel, Isuzu, Tyre Corporation, Coastal Hire, Steelpoort Mining Services, Tafelkop Water, Plaashuis, Flames and Signs, Lamb and Ale, 2YK Konstruksie, Talisman, Khumula Game Lodge, Burgersfort Electrical, Arend en Benien, Midas Burgersfort, Judy, Mari en Muis.
