Die Wêreld Binne My: Joshua na die Reën stel tweede album vry

As kunstenaar, glo Joshua dat musiek die krag het om emosie weer te gee, wat jy nie altyd in woorde kan uitdruk nie, en sy nuutste album is die perfekte voorbeeld hiervan.

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het.

Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, en ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. Vanjaar word hierdie sukses gevier met ’n nuwe vrystelling uit dié talentvolle musikant se eie pen.

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Joshua na die Reën se splinternuwe album, Die Wêreld Binne My, op te som.

“Ek is gebou, jy is gebou en die Wêreld binne my is in afwagting oor jou. Kom hardloop deur my woude, kom swem hier in my see. Wees somer oor my berge, want dis hier waar jy regeer – ek in jou en jy in my…” is lirieke uit die enkelsnit, Die Wêreld Binne My, wat eersdaags deur radiostasies regoor die land vrygestel gaan word.

Lees ook: Joshua na die Reën

Alhoewel hy nie ’n liedjie wil uitsonder as sy gunsteling nie, glo hy dat luisteraars – buiten vir die titelsnit – ook baie gaan hou van Stroomop, Stof & Sterre en Dromers. Die temalied van die gewilde fliek, Vir Altyd, met dieselfde naam, asook Voshaarnooi, wat spesiaal vir die fliek Ballade vir ’n Enkeling opgeneem is, maak ook deel uit van die speellys.

Die Wêreld Binne My kan reeds op www.jndr.co.za bestel word en daar is ook ‘n lys van winkels op die webwerf waar belangstellendes kan sien watter winkels die CD aanhou. Hou sosiale media dop vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button