wildevy verkorte weergawe
BURGERSFORT – Die gebrul van enjins, kinders wat vol modder laggend rondhardloop en die reuk van boerekos wat in die lug hang, dit was alles vanjaar by die Wildevy 4x4Gesinsdag. Elke jaar gaan die fees van krag tot krag, meer fietsryers neem aan die Marone-bergfietsroete deel, meer 4×4 motors durf die hindernisbaan aan en meer …

BURGERSFORT – Die gebrul van enjins, kinders wat vol modder laggend rondhardloop en die reuk van boerekos wat in die lug hang, dit was alles vanjaar by die Wildevy 4x4Gesinsdag.
Elke jaar gaan die fees van krag tot krag, meer fietsryers neem aan die Marone-bergfietsroete deel, meer 4×4 motors durf die hindernisbaan aan en meer mense stroom by die hekke in.
Veral die viertrekvoertuie se brul en beur in die modder en teen die bulte op het toeskouers laat skater van die lag of van verligting laat sug. Die ou gewilde moddergat was die laaste stop van die baan nadat bestuurders reeds verskeie hindernisse moes deurmaak. Die voertuie was vuil en die rook het uit die bande getrek, maar almal was vasberade om die moddergat te laat les opsê. Bestuurders met wie Steelburger/Lydenburg Nuus gepraat het, was dit eens dat die 4.4-roete nie ligtelik opgeneem moet word nie. Dit was ‘n goed beplande roete met baie uitdagings wat soms die senuwees laat knaag het.
Die wenner was voertuignommer 36 “STORM”, van Pieter de Jager (snr) en Pieter de Jager (jnr). Die kategoriewenners kan ook op die Wildevy se webtuiste gesien word.
Volgens Willem Montgomery, woordvoerder van die gesinsdag is hulle dankbaar vir die opkoms en bydraes wat vanjaar se Wildevy 4×4 Gesinsdag en Marone-bergfietsroete so ‘n sukses gemaak het.
Die fietsry het ook meer ryers as vantevore gelok. “Dit blyk uit die terugvoer wat ons ontvang dat die Wildevy MTB weer n reuse sukses was en dat al die fietsryers die uitdaging terdee geniet het. Daar wil ons al hulle borge, waterpunte, helpers en Steelpoort Akademie bedank vir al hul hulp wat bygedra het tot die sukses van die wedren,” vertel mnr. Willem Montgomery. Dit was die vyfde jaar wat die resies aangebied was, en daar was ‘n rekord toename in die inskrywings gesien. Daar was 340 fietsryers hierdie jaar teenoor die 216 van laasjar. Bison Falls Spur was hierdie jaar se grootste borg en het R25 000 geborg vir pryse vir die wenners, geskenk pakkies vir deelnemers, midaljes en geskenbewyse om net ‘n paar te noem. Hulle het ook gesorg vir vermaak vir die kinders by die eindpunt. Die Wildevy manne het self ook baie bygedra om die dag ‘n sukses te maak deur ‘n gasspreker en verskeie vermaak te reël. Die fantastiese glas trofees wat aan die wenners oorhandig is is deur Piet Pretorius van Supaquick geborg. Die deelnemers was moeg en uitgeput by die eindpunt, en toe hulle gevra is hoe dit was het die meeste geantwoord dat dit ‘n tawwe een was wat baie takties is, maar tog baie lekker, en dat hulle volgende jaar weer sal terugkom om die baan aan te durf. Die Wildevy manne wil graag die volgende borge bedank vir hulle betrokkenheid by hierdie jaar se bergfiets resies: Sebenza Scaffolding wat die baanuitleg en onderhoud gedoen het, Kusile gastehuis vir akkomodasie en geskenksakkies, Valencia wat pryse geborg het, Bevica Plant Hire wat gehelp het met die baan konstruksie, Burgersfort Interactive wat die webtuiste opdateer het, Burgersfort.com wat vir die roete merkers.

