So word ontluikende atlete raak gesien

Selfs diegene wat nog nooit 'n voet op 'n baan of atletiekveld gesit het nie, is die kans gegun om dalk net op dié dag hulle versteekte talent te ontdek. 

Laerskool Bergland het Vrydag hulle massa-atletiekbyeenkoms aangebied waartydens alle leerlinge die geleentheid gekry het om aan verskeie items deel te neem.

“Elke leerling moet aan ten minste een item deelneem, om sodoende voor te berei vir die atletiekseisoen wat ook op dié dag, afgeskop het,” sê die skool se sportkoördineerder, Tian Basson.

Cheade Botma. Foto: Stefan de Villiers

Lees ook: Bergies wil nog atletiekrekords breek by nasionale byeenkoms

Hy voeg by dat dit vir afrigters en koördineerders die geleentheid gebied het om uitblinkers te identifiseer, veral met die oog op die seisoen wat die eerste Vrydag in Januarie met ‘n Top 8-byeenkoms afskop.

Slegs geïdentifiseerde atlete van die skool mag daar teen mekaar meeding.

Owen van den Berg. Foto: Stefan de Villiers

Lees ook: Bergies hou kleurvolle interhuis

Bergland neem dan aan ongeveer vier vriendskaplike en kwalifiserende byeenkomste, asook die interlaer deel.

“Ons is baie tevrede met die byeenkoms. Hope talent het vorendag gekom – genoeg om nou reeds te begin kyk na
die samestelling van die spanne,” het Basson gesê.

Lees ook: Laerskool Bergland laat wiel op die atletiekbaan by interhuis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button