Leser se brief: Chirpy sê dankie vir gras
Linda Roets skryf:

‘n Jarelange droom het vir Chirpy Baba en Kleutersentrum waar geword danksy ons lojale ouers en Pottie Potgieter van BUCO Nelspruit.
Die speelarea van ons babas en peuters het vreeslik baie son gekry en die lappie gras wat ons gehad het, het moeilik gegroei onder die baie voetjies wat daagliks daarop gespeel het. Buitespel vir ons lyfies was ‘n uitdaging vir personeel asook ons lyfies.
Ons ouers het verlede jaar hard gewerk aan fondsinsamelings en het ook borge gekry om by te dra tot die pragtige afdak en speelarea met sintetiese gras. Pottie het dit moontlik gemaak, deur vir ons fantastiese afslag te gee op die boumateriaal en gras.
Baie dankie. Saam maak ons ‘n verskil in kinders se lewens.

