Spelers hou moed, ondanks uitdagings

Om vir die skool se eerste rugbyspan te speel, is bykans enige skolespeler se droom. Dié droom is egter hierdie jaar verpletter na die onlangse coronaviruspandemie die land in afsondering gelaat het.

Om vir die skool se eerste rugbyspan te speel, is bykans enige skolespeler se droom. Dié droom is egter hierdie jaar verpletter na die onlangse coronaviruspandemie die land in afsondering gelaat het. Saam met die inperking is kontaksport ook verbied.

Vir die eerste keer in Hoërskool Lydenburg (HSL) se geskiedenis sal die eerstespanspelers nie hulle toernooie kan speel soos beplan nie en die enigste wedstryd wat hulle tot dusver gespeel het, was teen Hoërskool Nelspruit op Mbombela Stadion se veld.

Al het hulle nie daarin geslaag om die wedstryd te wen nie, het hulle gehoop om met ‘n aksieplan vorendag te kom vir
toekomstige toernooie. Dié vooruitsig was egter van korte duur aangesien ‘n algehele inperking landswyd op 25 Maart ingestel is.

Zander Luies sê dit was die enigste keer dat hy as kaptein van die skool se eerste span dié opwinding ervaar het.

“Ek was al kaptein vir ander spanne, maar nie die eerste span nie. Dit is vir my erg omdat dit my enigste kans was om in hierdie hoedanigheid uit te draf.”
Zander kon in 2019 nie speel nie as gevolg van ‘n rugbesering, juis daarom het hy daarna uitgesien om in 2020 weer voluit te speel.

LEES OOK: IN FOTO’S: Eerste aand by die inry

Volgens hom is die feit dat hulle nie kan speel nie verskriklik.

“Ons het almal gedink dat ons ‘n kans het om nommer een in ons liga te wees. Ons het begin oefen om fikser te word. Gedurende vlak 4 van die inperking het ons aangehou om mekaar in ons WhatsApp-groep te motiveer om steeds hard te werk. Toe ons op vlak 3 kon begin draf, het ons dit ook gedoen met die oog daarop om hopelik weer te kan speel.”

Die hoof van sport by HSL, Alex Fourie, meen dat soveel as wat dit wonderlik sou wees om rugby te kon speel, die spelers se veiligheid eerste kom.

Hy deel dieselfde sentiment as Zander en vertel dat dit baie teleurstellend is dat hulle nie die geleentheid sal kry om te wys hoe hulle vaardighede verbeter het nie.

“Ons het vanjaar in die liga saam met die groot spanne gespeel en was op die vlak van medium spanne. Die plan was om ‘n beter seisoen te hê en terug te keer na die groot spanne. ”

LEES OOK:#WysJouWoord vir Afrikaanse taaldag

Volens Fourie is spelers wat aansoek gedoen het vir studiebeurse genadiglik nie deur die situasie geraak nie.

“Die aansoeke was reeds verlede jaar ingedien. Ek glo die universiteite verstaan die omstandighede waarmee die spelers te make het.”

Hy het bygevoeg dat hulle nie hoop moet verloor nie en moet aanhou om hard te werk en te oefen.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button