LHS spelers op pad na WPRA

Christopher van Aswegen (18), Corné Combrink (18) en Gerrit Stemmet (17) sal aansluit by dié akademie, wat al vir etlike jare van Suid-Afrika se beste professionele rugbyspelers opgelewer het.

Ondanks die Covid-19-pandemie wat skolesport heeltemal van die baan af het vir die meerderheid van 2020, het drie Hoërskool Lydenburg- (LHS) rugbyspelers wel hulle weg tot die Westelike Provinsie se Rugby-akademie (WPRA) gevind.

 

 

Christopher van Aswegen (18), Corné Combrink (18) en Gerrit Stemmet (17) sal aansluit by dié akademie, wat al vir etlike jare van Suid-Afrika se beste professionele rugbyspelers opgelewer het.

WPRA bied ‘n hoë-presterende rugbyontwikkelingsprogram in samewerking met uitstekende akademiese kwalifikasies, wat verseker dat die spelers gedurende en ná rugby steeds indiensneembaar is.

Alex Fourie, hoof van sport by LHS, het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat dit vir seker nie maklik is om by die akademie ingesluit te word nie.

“Dit verg geweldige toewyding; nie almal kry sommer keuring nie,” het Fourie genoem.
Die akademie het LHS genader en die skool het 10 van sy mees flukse en ywerige spelers aanbeveel.

“Ons het 23 lede in die eerste span en het die 10 gekies volgens hul prestasies op die veld. Hulle moes ‘n portefeulje indien en ook aansoek doen. Daar is ‘n WhatsApp-groep gestig en die verteenwoordigers van die akademie het so met die leerders gekommunikeer.

LEES OOK: Grondgrypers reeds tuis in Karino-vallei

Die seuns wat belangstel om ‘n loopbaan in rugby te volg, het in die groep met die WPRA gekommunikeer en die verteenwoordigers van die akademie het die finale keuse gemaak.”

Fourie het gesê die drie leerders waarop die akademie besluit het, is van die mees voortreflike spelers in die span.

“Hulle is toegewyd aan rugby en neem dit baie ernstig op,” het hy verduidelik.

Christopher het gesê dit was van kleins af sy droom om vir dié akademie gekeur te word.

“Ek wil graag eendag vir die Springbokke speel en ek kry my inspirasie van Bakkies Botha.”

Gerrit het gesê sy doel is om eendag vir die Leeus te speel. “In die rugbyvereniging kyk ek op na Ruan Combrink,” het hy gesê.

KYK OOK: Woeste vure het vanoggend in Marlothpark uitgebreek

Corné het gesê: “Ek wil net soos Faf de Klerk kan speel. My grootste begeerte is om vir die nasionale span te kan uitdraf.”

Dit was ‘n uitdagende jaar vir spelers, aangesien sommige nie kon deelneem nie weens die nasionale inperking.
Tydens ‘n vorige onderhoud met Fourie, het hy verduidelik dat hulle die vorige jaar se sportinligting vir die portefeuljes moes gebruik.

FOTOS:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button