Van Lydenburg tot loopplank – jong model skitter op kassie

'n Klomp model-mooi mense in 'n huis klink na pret - maar nie as hulle intens meeding onder druk nie. 

Model, soortgelyk aan Top Model van Tyra Banks in Amerika, en die realiteitsformaat van Survivor, het ses weke gelede afgeskop op SABC2.

Een gesiggie sal bekend wees vir Lydenburgers. Calli Camacho was hier op hoërskool voor sy einde gr. 9 by die Tuks Sportskool as hoogspringkampioen aangesluit het.  

Lees ook: Young model continues to change the lives of the underprivileged  

Sy het nie geskroom om hierdie nuwe geleentheid aan te pak nie. Haar modelskool het haar in 2019 genomineer, en een vir een het sy die ander deelnemers uitgestof tot sy een van 12 modelle was wat vir die huis gekies is.   Daar gaan dit nie oor grimering en mooi haarstyle nie, maar harde werk en lang ure agter die kamera. Boonop is daar baie ongure uitdagings.  

Lees ook: Threats of Eskom power cuts, again  

Na skool was sy ‘n au pair, het haar as professionele fiksheidsinstrukteur bekwaam en joga in Indië studeer. Sy het die eerste keer op die loopplank verskyn toe haar sussie, Juta, by Lisof studeer het en sy genader is om vir die studente hul uitrustings te modelleer.

Die modelle ding mee om ‘n inter-nasionale modelkontrak in Duitsland, wat natuurlik enigeen in dié industrie se droom is. Daar was al ses episodes van hierdie reeks op SABC2.

Elke week neem die modelle deel aan verskeie uitdagings wat hul grense toets en hul uit hul gemaksones skuif. Een of twee persone word weekliks geëlimineer.  

Die aanbieder, Christia Visser, word deur die voormalige tweede prinses van Me. Suid-Afrika, Kholofelo Mabusela, die internasionale model Pieter Black, en die ontwerper Coenraad de Mol, vergesel.

Volgens Calli, is haar doelwit om volhoubare mode te bevorder en die impak wat die modeindustrie op die planeet het, te beperk.

Ondersteun Calli gerus, want dié oud-Lydenburger gaan nog op die internasionale loopplanke draai. Kyk na Model elke Vrydag om 19:00  op SABC2.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button