Geloftesfeeste in 2020 op 16 Desember
LYDENBURG - Op 16 Desember is dit tradisioneel Geloftedag in Suid-Afrika en vanjaar word dit weer oraloor herdenk.

• Woensdag 16 Desember: 09:00. NG Moedergemeente. Geloftesfees. Diens deur ds. Antoinette Wilson. Navrae: 013-235-3101.
• Woensdag 16 Desember: 10:00. Badfontein, Alwyn Beetge se wildsplaas. Geloftesfees. Diens deur ds. Lemmer Venter. BOm 18:00 word die kampvure aangesteek. Dit is ’n bring-en-braai, maar pap
en sous sal voorsien word. Boonop kan almal smul aan stokbrood en die kinders kan malvalekkers
braai. Daar gaan heerlik om die kampvure gekuier en volksliedjies gesing word. Op 16 Desember begin die program om 10:00. Die diens word gelei deur ds. Lemmer Venter met die litargie uit Psalm 146:1. ‘n Kollekte word na die tyd opgeneem. Navrae: Cross by 082-470-3070. Om verblyf te bespreek, kontak Marlize Beetge by 084-208-8257.
• Woensdag 16 Desember: Naauwpoort/Steenkampsberg. 09:30. Steenkampsberg Boereverenigingsaal. Geloftesfees. Diens deur ds. Arrie van Heerden. Navrae: Ernst Lategan by 082-898-1825.
• Woensdag 16 Desember: Ohrigstad Voortrekkerbegraafplaas. 08:00. Kranslegging. Geloftesfees. Kontak Marnus by 083-751-5563 of Liesie by 072-592-5781.
• Watervalsrivier Geloftesaal. 09:00. Geloftesfees. Diens gelei deur ds. Christie Smit. Navrae: Willie Potgieter by 082-829-7053 of Judy Winterbach by 072-947-2472.
Lees ook: Oudae se goed herleef op Ouwerf

