Ohrigstad heet nou Kyalami
OHRIGSTAD - Hierdie rustige plaasgemeenskap het deesdae iets anders as bokke en beeste in die pad om mee rekening te hou. 'n Plaaseienaar, Rosa Muller van Op-I-Plaas Boskamp, het verlede week te kenne gegee dat die R36 nou eerder die Kyalami-renbaan genoem moet word.

“Op die R36 buite Ohrigstad vanaf Kobus Beetge se plaas tot en met die afdraai na Graskop, verby Die Skoen is nou die nuutste resiesbaan. Geen mens is sy lewe meer seker soos die voertuie hier verby jaag. Hier word geboer en daar is gereeld plaastoerusting op die pad. Daar word op die teerpad, sowel as om draaie gejaag. Ek hoop die owerhede lees hierdie en stuur ‘n bietjie mense om te kom inspeksie doen. Hulle doen net padblokkades buite Ohrigstad, nie hier by ons nie.
Lees ook: Duitsland wink vir model
“Op naweke is daar gereeld taxi’s wat by Die Skoen parkeer met hordes dronk mense wat uit die bussies val en geraas maak. Die gaste by Die Skoen en die Boskamp kan hul ore nie glo nie,” het Muller gesê. Die SAPD het die afgelope maand verskeie padblokkades in die dorp gehou. Sers. Kholofelo Phokane, woordvoerder vir die plaaslike polisie, het gesê dat hulle hul fokus ook na hierdie deel van die pad sal verskuif.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
