Skenk ons ’n helder Somerkersfees
LYDENBURG - Die afgelope naweek se Kersmark by Lavanta Floreciente Dios Inspiró, of te wel die Laventelplaas, op die Mosterthoekpad was die ideale geleentheid vir rustige inkopies, 'n lekker kuiertjie en 'n buitelug-ete.

LYDENBURG – Die afgelope naweek se Kersmark by Lavanta Floreciente Dios Inspiró, of te wel die Laventelplaas, op die Mosterthoekpad was die ideale geleentheid vir rustige inkopies, ‘n lekker kuiertjie en ‘n buitelug-ete.
Die aantal besoekers het gegroei soos die son gesak het en gesinne en vriende het heerlik saam gekuier.
Kinders het met ‘n trekker tussen die laventel op die plaas rondgery. Dit was ‘n skouspel na sononder met die sowat 1 000 liggies wat om uitgesnyde diere langs die draad en in boomtakke gehang het.
Lees ook: Grafte vertel die verhaal van ‘n plek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
















