Sterre skitter vir Stella

LYDENBURG - Lydenburger Stella Kemp is onlangs aangewys as een van die finaliste in die Mev. Mpumalanga-kompetisie.

Sy was baie verbaas toe die organiseerder, Jacques Lombard, haar laat weet het dat sy een van die finaliste is. Sy het vroeër vanjaar vir die kompetisie ingeskryf. Stella woon reeds 13 jaar in Lydenburg en haar man Deon en seuns Dylon (11) en Eldon (9) is baie trots op wat sy bereik het.

Lees ook: Duitsland wink vir model

Die finaliste moes elk ’n profiel saamstel van gemeenskapsdiens en -betrokkenheid wat saam met foto’s ingehandig moes word. Stella is betrokke by die Step Foundation wat daagliks vir bykans 200 hawelose mense in Lydenburg ’n gekookte maaltyd verskaf.

“Ek was in 2016 tweede prinses in die Miss Plus Size South Africa. Daar het ek besef dat vroue met voller figure ook verteenwoordig moet word en dat ons net so pragtig is,” het sy gesê.

Lees ook: Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

Tydens die gala-aand vir Mev. Mpumalanga-finaliste in Mbombela het haar span ondersteuners – haar ouers, Pieter en Susan van der Watt, en haar man en kinders – in die voorste ry gesit. Stella het Nazmeera Abdullah van Beauty Box bedank vir die moeite wat sy gedoen het met haar borgskap aan al die deelnemers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button