Mis, ‘n biertjie en ’n pot

LYDENBURG - Misreën en koue kon nie plaaslike besighede keer om aan die eerste Longtom Potjiekoskompetisie deel te neem nie.

In digte mis het inwoners Saterdagoggend by Hops Hollow opgedaag vir ’n dag van kosmaak en groot jolyt. Organiseerder Willie Botha jnr. en seremoniemeester Brian Coetsee het die 13 spanne gehelp om die vure aan die gang te kry. Die drie beoordelaars – Brian Whitehorn (Paardeplaats), Willie Botha snr. (Hops Hollow) en André du Preez (Café Crust) – was van vroegoggend af op hul pos om die spanne en die potte deur te gaan vir beplanning, spangees, en die uiteindelike proe-toets.

Lees ook: Unieke slangspesie skuil in Lydenburg

Die Longtom BNI-tak het die restaurant betrek en het met Whitehorn se pot-au-feu in die kaggel nie aan die kompetisie deelgeneem nie, want dié internasionale netwerkorganisasie se Lydenburg-tak wil juis vir plaaslike besighede die geleentheid skep om mekaar beter te leer ken. Die pret is aangevul met Dries Laas se heerlike konsertinaklanke en ‘n hele paar bierverwante kompetisies. Anel van Wyk het met elegansie die Evas se bierdrinkkompetisie gewen, Christiaan Botha kon die vaatjie die vinnigste oor die wenstreep dra en Darrel Venter het sy uitdaging gewen toe hy met twee juffers op die heupe die dubbelvaatjiedraer kon uitstof. Lydenburg Toyota was die wenners met hul lamspot, Nadia Venter en Armand Human het die beoordelaars uitgeboul met die Cooks & Crooks se biltong-en-kaaspot, en die McGee Rangers het met die derde prys en die geesbeker weggestap.

Lees ook: Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

Twee besoekers het in die mis van Dullstroom af op Vespa-bromponies opgedaag. Toe hulle by Botha wou hoor hoe laat die mis sou opklaar, was sy eerlike antwoord: “Nie vandag nie, mense – dis ons weer dié. Dis waarom ons bier brou hier op die berg.” Almal is dit eens dat die dag ‘n groot sukses was en sien saam uit na die eerste Saterdag van Desember 2021 – vir die volgende Longtom Potjiekoskompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button