Bekende skrywer en rolprentmaker besoek Hazyview
Leon van Nierop, die bekende radioman, skrywer en rolprentmaker, was ook een van die stedelinge wat die afgelope vakansie hier op Hazyview deurgebring het.
Van Nierop is nie ‘n onbekende hier nie, en het ‘n vakansieblyplek in Numbi Park waar hy gereeld gaste ontvang en tyd bestee om te skryf.
LEES OOK: Laat jou stem gehoor word met hierdie unieke talentsoektog
Die Laeveld-omgewing was dikwels al die agtergrond waarteen sy gewilde dramas afspeel, soos Ballade vir ‘n enkeling en Wolwedans in die skemer. Kort voor sy vertrek verlede week het Van Nierop en ‘n paar vriende vir oulaas by die bekende Italiaanse eetplek, Topolino’s, aangesit, waar Hazyview Herald hulle raakgeloop het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!