Die span van die Vryheidsfront Plus wat die dag moontlik gemaak het. Gereed om weg te jaag is Juliana van Heerden en Gerda Venter; agter staan Elsa Botha, Marius Venter, Frik Rousseau en Gerhard Els.
Hulle het Donderdag 28 Januarie verniet op die knortjorbaan gaan ry wat onlangs van Rooikatpark oopgestel is. Die bestuurder van Rooikatpark, André Schoeman, het twee knortjorre aangekoop omdat hy tans nie wins uit die kroeg onder vlak drie Covid-regulasies kan maak nie.
Die kleingoed het dit terdeë geniet en is bederf met skyfies en koeldrank. Hulle het selde die geleentheid om ‘n bietjie uit te kom en die skoolvakansie is ekstra lank.
“Dis verblydend om soveel gelukkige glimlagte te sien. Ons het net gevoel die kinders verdien iets spesiaals en om bederf te word,” het Frik Rousseau van die Vryheidsfront Plus Lydenburg gesê.
Die span van die Vryheidsfront Plus wat die dag moontlik gemaak het. Gereed om weg te jaag is Juliana van Heerden en Gerda Venter; agter staan Elsa Botha, Marius Venter, Frik Rousseau en Gerhard Els.
Jaag-jaag gaan hulle om die baan.
Sy het stof in die ander se oë geskop.
Matthew Botha is agter die stuur.
Klein Michaela Harvath byt haar lip vas om die draai.
Drian van Heerden neem die voortou.
Een van die dogtertjie geniet haar gate uit.
Gerda Venter, bestuurder van die Soli Deo Gloria Sorgsentrum, het ook die kans gekry om te ry.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!