rolbal is lankal nie meer ‘n sport vir oumense nie
Al hoe meer van die jonger geslag geniet dit om aan rolbal deel te neem. Die 2021-seisoen skop eersdaags af by die Lydenburg Rolbalklub. Die klub hoop dat hul ledetal hierdie jaar sal groei en mense wat daarin belangstel om te speel is welkom om by die bane ‘n draai te maak vir gratis lesse. …
Al hoe meer van die jonger geslag geniet dit om aan rolbal deel te neem.
Die 2021-seisoen skop eersdaags af by die Lydenburg Rolbalklub. Die klub hoop dat hul ledetal hierdie jaar sal groei en mense wat daarin belangstel om te speel is welkom om by die bane ‘n draai te maak vir gratis lesse.
Moenie bekommerd wees as jy nie houte het nie, daar is beskikbaar vir diegene wat net eers wil sien of die rolbalgogga hulle gaan byt. Die klub is geleë in Fouriestraat, Lydenburg, en die gratis opleiding is Woensdae om 10:00 en Saterdae vanaf 11:00.
Navrae: Annatjie by 082-309-7363, Suzie by 082-351-7861 of David by 083-677-0749.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!