100-jaar bestaan en 100% slaagsyfer, H/S Lydenburg gaan voluit

Wie sal nou nie in die lug wil spring na 'n uitdagende jaar soos 2020 en die feit dat matriek jou nie baasgeraak het nie?

Wie sal nou nie in die lug wil spring na ‘n uitdagende jaar soos 2020 en die feit dat matriek jou nie baasgeraak het nie? Die tweeling Hanke en Maryna van den Berg spring weerskante van hul vriendin Mienke Els van pure vreugde in die lug. Mienke is een van Hoërskool Lydenburg se toppresteerders met ses onderskeidings. Dié drie het Dinsdag 23 Februarie saam met duisende matrikulante in die land hul uitslae ontvang. Die hoërskool pronk weer met ‘n 100%-slaagsyfer en 100%-universiteitstoelating. Die toppresteerders met sewe onderskeidings is Ronen Burger, Simoné van Wyk en Tanya van Zyl. Die skool het ook die beste prestasie in Afrikaans Huistaal in die provinsie.
2021 is die ook jaar waarin die skool ‘n 100 jaar oud is  – oor baie, baie jare waarin die skool van ‘n nederige begin tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing mee rekening gehou word gegroei het. Deel gerus interessanthede julle terwyl almal nog by die huis is en dalk deur jul argiewe kan gaan.Saam met die pandemie moet verskeie tegniese aspekte nog uitgesorteer word maar die naweek van 1-3 Oktober is opsy gesit om hierdie wonderlike verjaardag te vier. 

Lees ook: Nuwe leeraar ou bekende  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button