Wat by ‘n damestee gebeur, bly by ‘n damestee
Die skrywer, aktrise en motiveringspreker, Susan Coetzer, het die dames laat lag met 'n traan.
Na ‘n jaar waarin daar weinig sosiale funksies was, het die Hervormde Kerk se noenmaaltee almal oorgehaal om lekker te lag en aan fyngebak te smul. Dié damestee, ‘n fondinsameling om die kerkkombuis op te knap, het Saterdag plaasgevind. Coetzer het uit haar nuutste boek voorgelees en die dames vertel wie die “terte” en wie “koeke” is. Dit is volgens persoonlikheidstipes wat sy self deur haar jare in die vermaakindustrie uitgepluis het. Sommige vrou is “tamaties”, want hulle velletjie verrimpel nes een en hulle is fyngevoelig. Dan kry ‘n mens “vetkoeke” en “skuimpies”. Dit sal raadsaam wees om elkeen nie hier te beskryf nie; veral nie die “vuurpyle” nie. Wat by ‘n damestee gebeur, bly by ‘n damestee. Die kerk bedank graag die volgende borge: Pick n Pay, Christiaan de Beer (Sizwe), Fanie Erasmus jr. (Lydenburg Toyota), Clifford McGee (McGee Ford), Jandré Stander (Phoenix K9), Marx Dunn, Jarik Orros, Jehané Claasse (Westvaal Mashishing) en Willem de Beer. Die vroue wat hul tafels so mooi getooi en volgens temas gedek het vir die gaste was Neeltjé Brits, Eileen Pheifer, Hannelize Faulds, Anke van Deventer, Melanie de Beer, Lisa Pieterse, Marlize Nel (organiseerder), Clarissa van Heerden, Erika Smith (organiseerder) en Amanda de Beer. Die dorp se dames het dié feestelike kuier voorwaar nodig gehad.



































