Gemeenskap groet Nelia Venter

Met hartseer groet die gemeenskap vir Nelia Venter (67), die vrou van die voormalige burgemeester, Charles Venter.

Na ‘n lang kankerstryd is Nelia per haar wense tuis in haar slaap op 5 Mei oorlede.

Nelia was ‘n trotse Nelspruiter vir 41 jaar waar sy op verskeie gemeenskapsorganisasies,  sakeforums en vele skool, die Laeveldse gemeenskap gedien het. As ‘n jong, energieke burgermeestersvrou het sy in 1993 baanbrekerswerk gedoen on die politieke en rasse verdeeldheid oor te steek en brue te bou.

Haar kankerstryd het in 2008 begin toe sy met borskanker gediagnoseer was. Nadat die gewas verwyder is, is sy egter twee jaar daarna met longvlieskanker gediagnoseer. In 13 jaar het sy twee bestralings en sewe chemoterapie behandelingsreekse ontvang, maar dit het haar nie haar nie laat afwyk van haar leuse “ons moet leef, terwyl ons leef” nie.

Nelia en Charles het drie kinders grootgemaak waarvan hulle ongelukkig hul jongste seun, Charlie, in 2004 aan die dood afgestaan het.

Met die longvlieskanker diagnose het Nelia se dokters haar twee jaar gegee om te leef, maar sy is vir 11 jaar daarna nog gespaar en was bevoorreg om haar twee kinders, Neil en Ané, en ses kleinkinders se mensword te beleef.

Die egpaar het baie avonture saam gedeel en was onder andere deel van die Mavericks Motorcycle Club wat gereeld deur die land getoer het.

Charles het verduidelik dat die kanker net verder deur haar liggaam versprei het en dat die laaste paar jaar van haar lewe, en veral die laaste paar weke, moeilik was.

LEES OOK: Nellies-leerder behaal tweede plek in nasionale kompetisie vir visuele kunste

Haar vriendelike, aangename persoonlikheid, en styl, het haar bemind gelaat in die gemeenskap en sy sal deur baie mede-Nelspruiters gemis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button