Koskenner bied klasse met fleur
Bekende voedselkundige en kosskrywer, Annelien Pienaar, het verlede week haar Boerekos met 'n Twist-resepteboek na die Laeveld gebring tydens drie dae van kookklasse by Yoons Eatery.

Saam met Yoons Eatery se eienaar en sjef, Unice-Ann Badenhorst, het Pienaar haar broodbakvernuf met ‘n groep van ongeveer 15 mense wat die eerste aand van die klasse bygewoon het, gedeel.

Die deelnemers het geleer hoe die chemie van brood werk, wat die regte meel en gis is om te gebruik en hoe om nat deeg te verwerk sonder om ekstra meel by te werk.
Pienaar sê: “My resepte werk altyd omdat die wetenskap en chemie van kos my vangnet is.”


Pienaar het Yoons se sjiek oopplankombuis gebruik omdie deelnemers se liefde vir kosmaak te verdiep en hulle waardering vir organiese, tuisgemaakte kos te kweek.
Badenhorst het die kundigheid waarop Yoons gebou is gebruik om deelnemers te wys hoe om vars basiliepesto te maak, wat saam met die vars gebakte brode kon geniet word.

LEES MEER: Nellies-leerder behaal tweede plek in nasionale kompetisie vir visuele kunste
Yoons Eatery bied weekliks kookklasse met ‘n verskeidenheid style aan, soos Lebanees, vegetaries, Mediterreens en soveel meer.
Vir meer inligting, besoek hul Facebook blad: Facebook/yoonseatery.
