Wyngilde vier 34 jaar se broederskap en samesyn

Die Lydenburg Wyngilde is in 1987 deur ’n groepie wynliefhebbers in die dorp gestig, met die hoofdoel om saam die wonderwêreld van wyn te ontdek.

Lede en gaste is welkom by die gesellige aande wat op die derde Donderdag van elke
maand om 19:00 by Café Crust aangebied word.
Die gilde neem al vir meer as drie dekades deel aan die Blaauwklippen-landgoed se jaarlikse versnitkompetisie vir wyngroepe. Hulle het in hul 34-jaar geskiedenis reeds drie keer in die top vier beland en was die landswye wenner van die 2018-kompetisie. Die volgende proe is op Donderdag 17 Junie by Café Crust, wanneer dr. Peet Visser rooi kultivars onder die kollig gaan plaas.

’n Wynproe by Paardeplaats.

Op Vrydag 16 Julie bied Café Crust ’n spesiale sewegangkos- en wynaand aan en op 18 Augustus besoek Bartho Eksteen van Hemel en Aarde die Gilde. Eksteen word internasionaal beskou as
“Monsieur Sauvignon Blanc” en die gilde sien met rede uit na hierdie spesiale proe.
“Ons doel is hoegenaamd nie om mee te ding of te beïndruk nie,” sê gilde-president, dr. Jakkie Swanepoel.

Toiné Schoeman skink Johan en Esté Wessels elkeen ’n glasie.

Ken jou kultivars: Mei-proe het dr. Jakkie Swanepoel en Toiné Schoeman van Varietals ses shiraz- en syrah-wyne uitgekies. Vergenoegd se Runner Duck Shiraz Rosé 2020 was die verwelkomingsdrankie
– uitstekend aangevul deur Du Preez se Midde-Oosterse lensiesop. Daarna het dit
behoorlike konsentrasie geverg om die verskil tussen twee syrah-wyne, Zevenwacht en Vrede en Lust, en twee shiraz-wyne, Groote Post en Hermanuspietersfontein se Skoonma,raak te proe. Shiraz en syrah is dieselfde druifsoort.

Die Düring-gesin was nuwe gesigte by die wyngilde se Meimaandproe by Crust Café; Emma, dr. Johan en Danielle Düring.

Die verskillende benamings het meer te make met die styl van wynmaak, het Swanepoel verduidelik. In die ou wynwêreld (Frankryk, Italië, die res van Europa en Nieu-Seeland) praat wynmakers eerder van syrah om na die Rhône-styl te verwys, met blomgeure, wit- en swartpeper, donker bessies, kruie, rookagtigheid en spek op die neus. Die alkohol is matig tot hoog en die tannien “ferm”. Die nuwe wynwêreld, wat Suid-Afrika, Australië en Kanada insluit, verkies die shiraz-styl met effens minder tannien, druiwe wat ryper gepluk word, en hoër alkohol- en suurinhoud. En waarvoor moet jy ruik en proe? Dis reg – swartbessies, bloubessies, vrugtekoek, swartpeper,
gerookte vleis en spek. Om te kyk wie mooi geluister het, het Swanepoel ’n blinde bottel Odd Bins teen die einde laat proe om te toets of dit ’n syrah, shiraz of ’n ander kultivar is.  “Dit gaan vir ons oor die genot, die gemeensaamheid en die wynkennis wat ons gesellig langs die pad opdoen.” Om aan te sluit of deel te neem aan enige van die gildeaktiwiteite, stuur ’n WhatsAppboodskap na Gerda Whitehorn by 079-515-7799.

Lees ook : Hoërskool Lydenburg maak sy eeufeesplanne

Dr. Jakkie Swanepoel in aksie by die BBC-versnitkompetisie.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button