Opedag vier die beste van hoërskool

Op Woensdag 16 Junie is Jeugdag voluit gevier en het Hoërskool Lydenburg voornemende leerders verwelkom.

Sedert 1921 is dié skool ‘n baken vir onderwys in die gemeenskap, en nuwe tegnologie en moderne tendense word steeds ingespan vir onderrig.
By die opedag is daar nie net op akademie gefokus nie, maar ook op buitemuurse pret, sport en sosiale aktiwiteite. Belangstellendes is gewys watter loopbane en studierigtings moontlik is en vakkeuses is bespreek.

Lees ook: Vragmotorkapings neem kommerwekkend toe

Tydens ‘n opedag is daar dikwels veel inligting om op een slag in te neem. Maar die voornemende leerders kon rustig tussen die uitstallings loop en hulle opsies oorweeg.
Die skool het die Covid-19-riglyne streng gevolg. Verskeie gr. 7-leerders van Mashishing, Skhila en ander dorpe het die dag ook bygewoon.

Lees ook: Versteekte klippies kikker enige saai dag summier op

Die opedag het ‘n blik op wat die skool uniek maak gebied; hul tradisies en watter vakke aangebied word.
Alle aktiwiteite by die skool tans is ekstra spesiaal, omdat dit onder die Eeufees-vaandel plaasvind. ‘n Skool word immers net een keer 100 jaar oud.

Lees ook: Gebede vir baba Ayden bring hoop

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button