Cornelle verbeter haar plek op wêreldranglys

Nie net wink die Paralimapiese Spele later vanjaar in Tokio nie, maar Cornelle Leach het haar plek op die wêreldranglys verbeter by die pasafgelope Durban Grand Prix.

Dié oud-Lydenburger, voorheen ‘n leerder van die Entheos Christian School, is tans derde op die swemranglys vir die S12-kategorie. Voorheen was sy vyfde in die 100 m-borsslag.

Lees ook: Lydenburg vloed – 20 jaar na verwoesting

Leach het ses staande Suid-Afrikaanse rekords gebreek en vier nuwes opgestel by die SA Olimpiese en Paralimpiese Swemkampioenskappe in April. (Steelburger/Lydenburg Nuus, Donderdag 20 Mei). Leach swem in die S12-kategorie (visueel gestrem) en kan net uit die kante van haar oë sien. Sy is op negejarige ouderdom met Stargardt se siekte, ‘n genetiese siekte van die retina, gediagnoseer. Die siekte veroorsaak ‘n geleidelike verlies aan sig gedurende die kinderjare. Haar sig het in gr. 11 en 12 drasties agteruitgegaan, en daarom het sy haar skoolloopbaan by die Prinshof-skool vir leerders met visuele gestremdhede in Pretoria voltooi.

Lees ook: Die Longtom fotograwe haal uit en wys

In haar matriekjaar het sy vir die wêreldkampioenskappe in Berlyn gekwalifiseer, maar kon dit nie bywoon nie omdat sy nie geregistreer was nie. Sy het ook in 2019 aan die Allianz Wêreld Paralimpiese Swemkapioenskappe in London deelgeneem, waar sy drie Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords verbeter het. ‘n Groot aanhanger wat getrou langs die swembad wag is haar gidshond, Vogue. Vogue is nie net haar beste vriend nie, maar gee haar ook die geleentheid om onafhanklik te lewe. Vogue was ook ‘n bekende figuur op die Potchefstroom-kampus toe Leach nog voltyds studeer het. Die volgende groot swembyeenkoms is einde Julie in Kenia vir die Kenia Swemfederasie se Internasionale Kampioenskappe.

Lees ook: Trofee in modder gevind 20 jaar na Lydenburg se groot vloed

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button