Lydenburg vloed – 20 jaar na verwoesting

Op Dinsdag 11 Desember 2001 het 'n fratsvloed die dorp oorrompel en dosyne huise verwoes. Dit is 'n paar maande voor die twintigste herdenking van die vloed.

Maar die onlangse fonds in ‘n rivierbank het weer die seer herinneringe herroep. Karen Coetzee (9) het ‘n trofeedeksel in die rivierbank by hul huis, wat aan die Sterkspruitrivier grens, gevind. Dit het aan die Kruger-familie behoort.

Lees ook: Trofee in modder gevind 20 jaar na Lydenburg se groot vloed

Tydens die vloed het die Kruger-familie nie geweet wat hulle getref het nie. Idalette de Wit het haar twee seuns verloor. Dewaldt (7) en Riaan (9) de Wit het by hul ouma, Petro Kruger (62), gekuier.
“Die seuns het elke jaar uitgesien na die vakansie by ouma Petro op Lydenburg. Ons het hulle die Sondag voor die vloed daar gaan aflaai. Die stadsjapies van Pretoria het dit baie op die plaas geniet,” het Idalette gesê.

Speelgoed, klerasie, beddegoed en ander huisware is stroomaf gevind waar Petro Kruger se woning letterlik met wortel en tak uit sy fondasie geruk is.

Saam met die De Wit-seuns was die vier maande oue Marinette McCarthy. Marinette se ma, Jeanette Kruger-Hibbens (‘n bekende oud-Lydenburger), het haar dogter by Petro afgelaai sodat sy inkopies op die dorp kon gaan doen het.
Dinsdagmiddag om ongeveer 15:00 het die vloedgolf van ongeveer 1,8 m in die Sterkspruitriver afgekom. Die Kruger-woning was die eerste ongeval. Laevelder het op 14 Desember 2001 oor die tragedie berig.

Die voorblad van die Laevelder, wat oor die tragedie in Desember 2001 berig het.

‘n Soekgeselskap is saamgestel uit lede van die gemeenskap, die polisie, kommando, verkeersbeamptes en plaaswerkers. Marinette se liggaam is vroegoggend die volgende dag naby die Viljoenstraatbrug (by Laramie Spur) in ‘n lae tak gevind. Die liggame van klein Dewaldt en Riaan is ongeveer teen 11:30 ontdek. Ouma Petro se liggaam is later die dag sowat 20 km stroomaf in mielielande, naby die plaaslike begraafplaas, gevind.
Liessie Potgieter, wat tydelik saam met haar man in die Uitspankaravaanpark gebly het, is ook met haar karavaan weggespoel. Haar lyk is die volgende dag gevind. Sy en haar man was van eMalahleni en hy het kontrakwerk by die Lydenburg Smelter gedoen.

Roelie (11) en Carla Stander (13) het in 2001 gewys hoe hulle in die kas van die water probeer wegkom het.
Aan die regterkant van die foto is dit duidelik hoeveel skade die water gedoen het. Hier staan Roelie Stander langs die huis van sy skoonma, Frieda Thompson, in 2001. Hulle het skielik die tuimeldroeër en wasmasjien sien verbydryf en besef dis nie net ‘n pyp wat gebars het nie.

Pieter Gertzen het toe aan Laevelder gesê dat tekens van die vloed reeds daardie dag teen 13:30 sigbaar was. Hy het probeer om sy vrou en werkers te waarsku, maar hy moes toekyk hoe die 1,8 m-wal water alles in sy pad verwoes. Die Gertzens se ouers kon in die boonste vlak van die dubbelverdieping huis skuiling soek.
Sowat 64 huise is verwoes en verskeie versekeringsmaatskappye het onmiddellik begin om die mense kostevry te help en nog versterkings gestuur. Kerksale en koshuise is ingespan om tydelike skuiling en blyplek te gee aan almal wie se huise verwoes is.

Die berig in die Lydenburg Nuus op 19 Desember 2001.

 

Die trofeedeksel terug by Maritha Kruger, 20 jaar na die Lydenburg-vloed.
Karen Coetzee (9) met die trofeedeksel wat sy in die rivierbank ontdek het.
Die berig in die Lydenburg Nuus op 19 Desember 2001. Die Lydenburg Nuus bestaan egter nie meer nie maar was die eerste keer in 1887 gedruk. Dankie aan JP Celliers, kurator Lydenburg Museum, wat die ou voorblad gaan opsoek het.
Die berig in die Lydenburg Nuus op 19 Desember 2001. Die Lydenburg Nuus bestaan egter nie meer nie maar was die eerste keer in 1887 gedruk. Dankie aan JP Celliers, kurator Lydenburg Museum, wat die ou voorblad gaan opsoek het.
Die berig in die Lydenburg Nuus op 19 Desember 2001. Dankie aan JP Celliers, kurator Lydenburg Museum, wat die ou voorblad gaan opsoek het.

Lees ook: Die Longtom fotograwe haal uit en wys

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button