Landsdienslede touwys gemaak met eerstehulp
Neels Bothma het kort voor die aanbreek van die Junie-skoolvakansie die Landsdienslede van Hoërskool Lydenburg touwys gemaak met eerstehulp.
Hy en Melany Jordaan (wat almal as “Meisiekind” ken) het by die skool gaan kuier en met die lede die geheime van paramedici gedeel, asook ‘n paar eerstehulpwenke wat hy in sy lang loopbaan opgetel het. Die Landsdienslede het vir Bothma en Jordaan ‘n sertifikaat gegee as ‘n blyk van hul waardering.
Lees ook: Lydenburg, koudste in 35 jaar


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
