Rusoord Tehuis vra gholfers om stokke te swaai

Na ’n jaar en ’n half van onsekerheid, kry die Rusoord Tehuis vir Bejaardes in Lydenburg uiteindelik kans om sy gholfdag vir broodnodige fondse aan te bied. Die bestuur nooi alle sakeondernemings en familie en vriende van Rusoord uit om betrokke te raak met borgskappe. Belastingfakture is beskikbaar op aanvraag. ’n Vierbalformaat, ofte wel ’n …

Na ’n jaar en ’n half van onsekerheid, kry die Rusoord Tehuis vir Bejaardes in Lydenburg uiteindelik kans om sy gholfdag vir broodnodige fondse aan te bied. Die bestuur nooi alle sakeondernemings en familie en vriende van Rusoord uit om betrokke te raak met borgskappe. Belastingfakture is beskikbaar op aanvraag. ’n Vierbalformaat, ofte wel ’n rondomtalie, gaan gespeel word.

Lees ook: Lydenburg wen gholfkampioenskappe

Inskrywingsfooie is R2 000 vir vier spelers, wat middagete insluit. Om by die afslaanputjie te adverteer, is tussen R1 500 en R3 500. Ondernemings mag ook hul uitstallings teen R3 000 op die stoep plaas. Daar is ook ’n spesiale tarief van R3 000 vir spelers wat die vierbal speel en ’n putjie borg. Al die bemarkingsmateriaal van die ondernemings gaan uitgestal word. Vir meer inligting, skakel Alan Niemand by 063 973 9230, Lydia Niemand by 083 765 8743 of Andrea Coetzee by 079 988 9816. Daar is groot pryse op die spel.

Lees ook: ’n Ryke sendinggeskiedenis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button