Skole onthul hul nuwe Astro-baan met trots
Hokkiespelers en hul ondersteuners gaan voortaan die fasiliteite van ’n nuwe Astro-hokkiebaan geniet.
Die baan is ’n gesamentlike projek deur Hoërskool Lydenburg en Laerskool Lydenburg.
Om te sê dat die bykans R10 miljoen-projek ’n droom is wat waargeword het, is nie altemit nie! Die projekorganiseerders, onderwysers en die bestuursraadslede van beide skole, sluit in Graham Payne, Murray Mac-Smith, Lieb Niemand, Chrismari Aucamp, Cornelius Lemmer, Yvette Labuschagne, Mohammed Cassim, Christiaan Joubert en Ian Breitenbach.
Die ligte is amptelik op Saterdag 28 Augustus aangeskakel. Almal het saamgejuig tydens die kort seremonie die aand toe die vrugte van hulle harde werk onthul is. Die Astro-baan voldoen aan internasionale standaarde vir die ontwikkeling van spelers, hokkietoernooie en ander sportklinieke. Moontlik kan internasionale spanne ook in Lydenburg kom deelneem, of só droom die organiseerders.

