Blomme en liefde vir tehuis op Lydenburg
Bejaardes geniet Moedersdag terdeë.
Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes het hul inwoners se Moedersdag met blomme, kolwyntjies en ander lekkernye opgevrolik.
Dit was vir die bejaardes baie spesiaal dat die gemeenskap vir hulle tyd ingeruim het. “Baie dankie aan almal wat ons moeders, oumas en oumagrootjies kom bederf het. Ons waardeer jul bereidwilligheid om te help. Dankie ook aan die personeel wat soveel ekstra moeite ingesit het met tafeldek en die kombuis wat ‘n heerlike spyskaart voorberei het,” het Lydia Niemand, die rusoord se bestuurder, gesê.
Die tehuis bedank RE/MAX, Martins Begrafnisdienste, Ilanga Caterers, Imbali Tuinsentrum en Maliflora Bloemiste wat die dag spesiaal gemaak het.

