Spesiale kerkdiens op Longtompas

Tydens die Tent van Samekoms se diens sal 'n boodskap van hoop een eenheid gelewer word.

Die evangelis, Fanie le Grange, gaan Saterdag om 09:00 ’n spesiale diens by die Paardeplaats Nature Retreat op die Longtompas se bekende Jesuskoppie plaas.

“Die spesiale diens se tema is dat ’n nuwe seisoen vir Suid-Afrika aangebreek het. Ek is ’n voltydse mynwerker, deeltydse boer en evangelis wat na die waarheid van God se woord strewe. Op 5 Augustus 2018 gedurende gebed het ek ervaar dat die Vader vir my sê om ’n bediening te stig, die Tent van Samekoms. Ek wil ’n boodskap van hoop en eenheid lewer,” het Le Grange gesê.

Vervoer sal met ’n trekker beskikbaar wees vir mense wat moeilik loop. Diegene wat dit graag wil bywoon, is welkom om vanaf 08:15 hul opwagting te maak. Vir meer inligting, skakel Terra Events by 078 384 0330.

Also read:  Swendelaar blyk weer bedrywig in die Laeveld te wees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button