Komati-swemmers blink uit in Mosambiek

Dié Komati-swemmers het in internasionale waters hul talente gewys en hul goed van hul taak gekwyt.

Komatipoort Akademie se swemmers is vanjaar aan die brand, en twee van hul leerders het onlangs in Mosambiek bewys hoe helder hul sterre skyn.

Danika Steyn en Xander Koedyk was die duo wat verlede maand hul reis oor die grens gemaak het om in internasionale waters te gaan swem. Die twee puik swemmers het die naweek van 18 Oktober hul staal gewys in die Zimpeto 50m Olimpiese swembad in Maputo.

Hulle was deel van die Mpumalanga swemspan wat teen 10 Mosambiekse swemklubs deelgeneem het. Die dogterspan van Mpumalanga het boaan die punteleer geëindig, en die seunsspan tweede. Beide Danika en Xander het hul goed van hul taak gekwyt, vir almal gewys hoe sterk Komati se swemmers is, en hulle is met ‘n handvol medaljes terug huis toe.

“Wel gedaan, julle twee! Komatipoort Akademie is baie trots op julle,” het die skool gesê.

Xander Koedyk en Danika Steyn. > Foto: Facebook/Komatipoort Akademie
Xander Koedyk en Danika Steyn. > Foto: Facebook/Komatipoort Akademie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button