Beeld-trofee
NHS se eerste rugbyspan het Saterdag vir Garsfontein in die Beeld-trofee finaal geklop - met 20-19. Dit was 'n naelbyt riller van 'n stryd maar die 4 000 ondersteuners wat die pawiljoene laat dreun het met hul geesdrif kon die tuisspan oor die drumpel dra om as die makro-skool oorwinnaars gekroon te word.
