My Boetie se Boetie se Boetie se Baba

Met Marga van Rooy, Cobus Venter, Ana van Achterbergh, Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Duncan Johnson, Cindy Swanepoel en Francois van Rensburg

In hierdie klug ontmoet ons vir Tom. Hy en sy vrou, Linda, is opgewonde oor die vooruitsig om ’n baba aan te neem. Al wat nog moet gebeur, is ’n besoek van die maatskaplike werker. Net ’n paar vrae moet beantwoord word en die baba is hulle s’n. Maar dinge werk nie so uit nie. Nie eers naastenby nie. Terwyl Tom ’n gerespekteerde middelklas bestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dick en Harry gesê word nie. Dis nie dat die broers nie na aan mekaar is nie, maar met twee-derdes van die driemanskap wat disfunksioneel is, is dit voor die hand liggend dat die hare binnekort gaan waai. Dick het pas teruggekeer van ’n buurland met gesmokkelde sigarette en brandewyn, en Harry probeer ’n kadawer gebruik vir geldelike gewin. Om sake te vererger, maak twee onwettige immigrante hulle verskyning, die preutse maatskaplike werker daag op en wat volg is ’n deurmekaarspul van histeriese humor!

Back to top button