Ontbytsake kuier by Laevelder
Die gewilde program Ontbytsake was onlangs in die Laeveld en het by Laeveld Media kom inloer.

Uitsaaitye vir die episode is op kykNET, DSTV kanaal 144, om 7:30 – 9:00 Saterdagoggend, 28 Mei en die herhaling 7:30 – 9:00 Sondagoggend, 29 Mei.
Hierdie week wys Ontbytsake jou produkte en dienste van die Laeveld se hoofstad, Nelspruit en wys jou ook die belangrikste “uitvoer”-produk en ook net betyds want dit is die jaarlikse Innibos kunstefees. Sandra Jacobs kom gesêls met Ontbytsake oor vanjaar se Innibos- aanbiedinge.
Hierdie kuier skop af deur ‘n draai te maak by Alzu Petroport op die halfpad merk en wys jou ook Alzu se nuwe Pet&Vet winkels.
Daarna neem ons die pad deur Schoemanskloof en wys Joubert en Seuns se splinternuwe padstal, Viva vulstasie met sy winkel en restaurant, ‘n ontwikkeling wat die moeite werd is om te besoek naamlik St. Paul’s Eco Estate en dan gaan kyk ons Indabushe Eco Lodge van naderby om te sien wat hulle het om te bied.
In Nelspruit kuier die span by JAB wat verantwoordelik is vir die meeste neut-produkte wat landwyd verbruik word, Ruggedwear wat ‘n betroubare handelmerk in sy mark is en natuurlik kom Woodenways Mbombela aan die beurt met sy uitsonderlike meubels en diens.
Ons gaan jou ook wys hoekom Ontbytsake by Bundu tuisgaan en geen kuier sal afgehandel wees alvorens Ontbytsake nie by verjaarsdag-vrinne, Laeveld Media gaan kuier nie.
Gepraat van verjaardae, oudword is nie vir sussies nie behalwe as jy by Bateleur Landgoed kan aftree met die Innibos so op jou voorstoep.