CrimeBreaking News

Nuusflits: Inwoners vra vermeende moordenaar moet in tronk bly

Die inwoners van Belfast het vanoggend 07:00 opgeruk na die landdroshof om ’n memorandum aan die plaaslike landdros, mnr. Mthombeni, te oorhandig ná die moord op mev. Cindy Swanepoel.

Mev. Swanepoel is verlede week Woensdag koelbloedig vermoor terwyl sy besig was om die dieseldiefstal by haar werk te ondersoek.

Die memorandum stel die volgende eise:

Betogers se bordjies met die eise aan die landdros
Betogers se bordjies met die eise aan die landdros

• Geen borgtog vir die beskuldigde nie

• Regverdige en professionele ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens

• Die maksimum vonnis wat opgelê kan word vir moordenaars

• Die uitroei van korrupsie in die geledere van die SAPD asook Departement van Justisie

• Beter veiligheidsmaatreëls vir plaasboere en plaaswerkers om die bedreiging van voedselsekerheid die hoof te bied

• Sigbare en aktiewe polisiëring teen kriminele elemente wat die ekonomiese vooruitgang van die dorp bedreig

• Referendum om die doodstraf terug te bring

Die optrede het vreedsaam verloop ten spyte van ’n groot polisie teenwoordigheid
Die optrede het vreedsaam verloop ten spyte van ’n groot polisie teenwoordigheid

Mnr. Danie Janse van Rensburg, voorsitter van die Belfast Besigheidsforum, het die gemeenskap (’n groep van omtrent 200) van Belfast en omliggende gebiede bedank vir hulle tyd en opoffering om vanoggend teenwoordig te wees.

“Dit is die eerste keer in Belfast se geskiedenis dat so groot groep besorgde inwoners (byna 200 mense) in hulle massa opruk.”

Die saak teen die beskuldigde, Oscar Ndlovu, is uitgestel tot 23 November 2015.

•Ndlovu het na bewering na mev. Swanepoel gestap, ’n vuurwapen teen haar kop gedruk en haar tereggestel.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button