(Waarskuwing) Grafiese inhoud: Man sny penis af met skerp mes
’n Inwoner van die Kranspoort dorp, naby Middelburg, het Maandagaand probeer selfmoord pleeg, deur sy geslagsorgaan af te sny.
Hy het in ’n bad by sy huis geklim, sy privaatdele heeltemal afgesny, dit op die rand van die bad neergesit en eers daarna tot sy sinne gekom en ’n veiligheidswag ontbied, wat weer sy ma gekontak het.
Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle vasgestel dat hy ook sy hele maag en been met ’n mes oopgekloof het.
Die man het niks gesê nie en was by sy volle positiewe.
Sy afgesnyde penis en skrotum was langs hom op die bad se rand, terwyl hy reeds baie bloed verloor het.
Die 37-jarige man is deur Life24 ambulansdienste van Groblersdal en ander paramedici van Middelburg behandel en daarna na ’n hospitaal vervoer. Sy toestand is Dinsdag as buite gevaar bestempel.
•Sy naam is aan www.mobserver.co.za bekend maar word om menslikheidsredes weerhou.
•Die Amerikaner, Johan Wayne Bobbitt, het in 1993 bekend geword toe sy vrou Lorena sy penis afgesny het met ’n mes.
Lees meer hier:
(Warning) Graphic Content: Man severs penis, scrotum, in suicide attempt
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
