News
Polisiemanne uitgevang
Twee polisiemanne wat 'n inwoner gedreig het vir omkoopgeld, is te danke aan foto's en videomateriaal uitgeken.

Alwyn Coetzee het vertel dat hy deur polisielede afgetrek is terwyl hy oppad huistoe was van die werk af. Hulle het beweer hy het oor ‘n rooi verkeerslig gery en hom gedreig met arrestasie.
Mnr. Coetzee moes hulle R350 betaal om te vermy dat hy ‘n nag in die selle deurbring. Hy het dit egter nie daar gelaat nie en die voorval by die polisie gaan aanmeld.
Die polisielede se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
Kapt. Khanyisile Zwane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar tans ‘n interne ondersoek aan die gang is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.