News

Polisiemanne uitgevang

Twee polisiemanne wat 'n inwoner gedreig het vir omkoopgeld, is te danke aan foto's en videomateriaal uitgeken.

Alwyn Coetzee het vertel dat hy deur polisielede afgetrek is terwyl hy oppad huistoe was van die werk af. Hulle het beweer hy het oor ‘n rooi verkeerslig gery en hom gedreig met arrestasie.

Mnr. Coetzee moes hulle R350 betaal om te vermy dat hy ‘n nag in die selle deurbring. Hy het dit egter nie daar gelaat nie en die voorval by die polisie gaan aanmeld.

Die polisielede se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Kapt. Khanyisile Zwane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar tans ‘n interne ondersoek aan die gang is.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button