News

Opvolg: Swanger vrou volg nie reëls

Die swanger vrou wat Woensdag by die kibboets uitgegooi is, bly tans by 'n vrou in Bloekomsig.

Me. Moniqe Coetzee (25) het gesê dat sy nie weet waarom sy uitgeskop is by die kibboets nie en dat sy nie geweet het wáárheen om te gaan nie.

Mnr. Raymond Belcher van die kibboets het teruggekap dat sy swanger geraak het by ‘n getroude man en dat die man intussen terug is na sy vrou toe.

Daarna het me. Coetzee ‘n vriendskap met ‘n ander vrou op die kibboets aangeknoop. Hy het gesê dat die twee vroue tot laatnagte uit op straat was en dan in die middernagtelike ure die ander inwoners gepla het. “Sy hoereer tot vroegoggende en wil dan die hele dag slaap wanneer daar take by die kibboets is om te doen!” Die inwoners het hom gevra om teen die vroue op te tree.

Volgens hom weet me. Coetzee en haar vriendin dat onderlinge verhoudings tussen inwoners nie toegelaat word nie.

Me. Coetzee het erken dat sy ‘n verhouding met ‘n man gehad het, maar dat hy op daardie stadium al geskei was. “Hy is terug na sy eks, toe ek al swanger was. Hy het my ook gevra om ‘n aborsie te ondergaan omdat hy niks met die baba uit te waai wil hê nie. Verder ontken hy en sy vrou dat dit sy baba is, maar ek gaan DNA-toetse laat doen!”

Sy sê dit is die eerste keer in haar lewe dat sy ‘n verhouding het met ‘n vrou “en dat ek haar nié sal los nie.”

• Mnr. Belcher het aangedui dat me. Coetzee slegs kan terugkom as sy by die reëls van die kibboets bly.

• Die Observer het in ‘n SMS die volgende boodskap van ‘n vrou gekry rakende me. Coetzee: “Ek het geweet sy gaan haar dag kry. Sy het my huwelik van sewe jaar opgeneuk daar in Brits terwyl ek hoogswanger was met my dogtertjie.

“Sy loop en vertel dat sy swanger is met my man se kind, die man wat hulle sê woonagtig is in Middelburg. Maar dit is nie sy kind nie. Dis haar vorige kêrel, wat in Brits bly, se kind wat sy verwag!”

Swanger vrou op straat

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button