News

Ryna Francis oorlede

Familie en vriende: Op 11 Maart moes ons totsiens sê aan Catharina Maria (Ryna) Francis (62).

Sy was vir ons ‘n vrou, ma, dogter, suster, ouma, vriendin en tweede ma.

Ons harte is baie seer, maar vir jou is daar pyn nie meer. Jy het ons goed geleer, en ons sal dit altyd waardeer. Jou plekkie is nou leeg.

Ons sal haar altyd onthou vir haar grappe en dat sy altyd daar was vir ons. Sy het ‘n groot hart gehad. Sy het baie pyn verduur aan die einde. Nou is sy na ons Lewende God.

Die begrafnis is Donderdag om 14:00 by Lighuis gemeente Aerorand op die hoek van Pongola en Sondagrivier straat.

Vir enige verdere reëlings bel 082 490 8520 of 082 442 0728.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button